Arno Carstens se hofsaak wéér uitgestel

Arno Carstens Foto: Joanne Olivier Photography

Arno Carstens Foto: Joanne Olivier Photography

Die musikant Arno Carstens sal na verwagting in Februarie 2014 weer in die Kaapstadse landdroshof verskyn op ʼn aanklag van dronkbestuur.

Sy hofsaak is Dinsdag uitgestel ná omvattende wetenskaplike getuienis van ʼn forensiese toksikoloog. Tim Lourens, hoof van die departement forensiese toksikologie by die Universiteit van Pretoria, het gesê sy onafhanklike analise van die bloedalkoholvlak stem ooreen met die staat se uitslag.

Die bloedmonster is van Carstens geneem toe hy nagenoeg drie jaar gelede in hegtenis geneem is nadat hy glo onder die invloed van alkohol bestuur het. Hy het onskuldig gepleit op ʼn aanklag van dronkbestuur, alternatiewelik om met ʼn bloedalkoholvlak van 0.20 persent te bestuur. Die 0.20%-vlak is bepaal deur die staat se analise. Die wettige perk is 0.05%.

Lourens se getuienis is onder kruisverhoor bevraagteken deur Carstens se regspan wat volgende jaar hul eie kundige sal roep.

Carstens se prokureur, Milton de la Harpe, het dit aan Lourens gestel dat forensiese mediese literatuur bewys dat die kunstenaar se gedrag tydens en ná sy inhegtenisneming nie pas by iemand met ʼn bloedalkoholvlak van 0.20% nie. De la Harpe het aangevoer dat Carstens ʼn spraakgebrek sou hê, sy spiere sou aangetas gewees het en hy sou geheueverlies gehad het. Hy het egter ten volle met die polisiebeamptes saamgewerk en nie soos ʼn man opgetree wat só ʼn hoë vlak van alkohol in sy sisteem het nie.

Lourens het aan die hof gesê hy het nie vir sulke vrae voorberei nie, maar gesê daar is tye wanneer die kliniese prentjie nie met die analise ooreenstem nie.

Die hofsaak duur op 18 Februarie voort.

Lees ook:
Arno Carstens se bloedtoetse was glo “akkuraat”
Arno Carstens se bloedmonster bevraagteken
Arno Carstens: Onreëlmatighede in bloedtoetse
Sanger weer in hof oor dronkbestuur
Sanger se hofsaak uitgestel
Arno Carstens in hof oor “dronkbestuur”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trippie ·

Nagenoeg 3 jaar ???? Waarom neem dit so lank ??? Wat mis ek, of verstaan ek nie ???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.