Arno Jordaan, ʼn bekende sanger van Pretoria, was Woensdagmiddag in ʼn voertuigongeluk betrokke.
Dewald Jodaan, Arno se broer en agent, het aan AlgoaFM gesê die ongeluk het op die N14-snelweg plaasgevind onderweg na Krugersdorp.
Hy het beheer oor sy voertuig verloor waarna dit gerol het. Arno het beserings aan sy gesig opgedoen en is in die Unitas-hospitaal in Centurion opgeneem vir behandeling en X-strale.
Dewald het gesê Arno is erg geskok, maar hulle is dankbaar dat hy lewe.
Ai Arno jy sal n bietjie stadiger met ry,jongie. Vandag se voertuie is nie vas op die pad nie, veral nie groot Land Cruisers en 4X4 . het al n paar vriende gehad wat hul voertuie gerol het. Ry versigtig en kom veilig by jul bestemmings asb. Word gou gesond!!!!
Dankbaar dat jy oraait is en hoop dat jy gou sal herstel! Sterkte aan al sy geliefdes!!!!
Weer ‘n geval van spoed? Vra maar net!
MMMMMMmmmm in die linkerkant verby gegaan……. daai baan waar ons nie mag ry nie……….