Arno Jordaan beseer in botsing

Arno Jordaan

Arno Jordaan, ʼn bekende sanger van Pretoria, was Woensdagmiddag in ʼn voertuigongeluk betrokke.

Dewald Jodaan, Arno se broer en agent, het aan AlgoaFM gesê die ongeluk het op die N14-snelweg plaasgevind onderweg na Krugersdorp.

Hy het beheer oor sy voertuig verloor waarna dit gerol het. Arno het beserings aan sy gesig opgedoen en is in die Unitas-hospitaal in Centurion opgeneem vir behandeling en X-strale.

Dewald het gesê Arno is erg geskok, maar hulle is dankbaar dat hy lewe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Poppie ·

Ai Arno jy sal n bietjie stadiger met ry,jongie. Vandag se voertuie is nie vas op die pad nie, veral nie groot Land Cruisers en 4X4 . het al n paar vriende gehad wat hul voertuie gerol het. Ry versigtig en kom veilig by jul bestemmings asb. Word gou gesond!!!!

Fransina Kloppers ·

Dankbaar dat jy oraait is en hoop dat jy gou sal herstel! Sterkte aan al sy geliefdes!!!!

Riana ·

MMMMMMmmmm in die linkerkant verby gegaan……. daai baan waar ons nie mag ry nie……….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.