Arno Jordaan word pa

Die laaste foto wat Arno op Twitter gelaai het.

Die laaste foto wat Arno op Twitter gelaai het.

Arno Jordaan en sy vrou, Lizanie, het Donderdag die trotse ouers geword van ʼn babaseuntjie, Milan. Dit is die egpaar se eersteling.

Jordaan het Woensdag op Twitter ʼn foto gelaai en geskryf: “My en Lizanie se ete alleen voor daai bulletjie sy verskyning maak!”

Gelukwensings het Donderdag ná Milan se geboorte na Arno se Twitter-profiel (@Arnojordaan) ingestroom.

Selfs Steve Hofmeyr het getwiet: “Welkom Milan. Ons wag al lank vir jou. Sterkte Lizanie en Arno.”

Arno het skertsend hierop reageer: “Thx Stevo. Seker darvan hy sien uit om oom Steve te ontmoet!” [sic]. Steve het weer teruggeskryf: “Ek het baaaie om hom te vertel hehe”. Arno het gou-gou geantwoord: “neeeeee!!!!”

Die paartjie is verlede jaar op 14 Januarie tydens ’n glansryke seremonie in Tzaneen in die huwelik verbind. Hulle het by dieselfde plek getrou waar hy haar die eerste keer ontmoet het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.