As dit weer in JHB sneeu trou ons

Rui Moca en sy vrou Monique. Foto: www.jacarandafm.com

Rui Moca en sy verloofde Monique Joubert het gister in JacarandaFM se ateljee in Midrand getrou nadat hulle mekaar twee jaar terug beloof het dat hulle sal trou wanneer dit weer in Johannesburg sneeu.

JacarandaFM berig dat Joubert se sussie Laurika gistermiddag vir die stasie ‘n e-pos gestuur het waarin sy vir hulle vertel het van die paartjie se belofte aan mekaar toe hulle sowat twee jaar terug verloof geraak het. Die aanbieder van die Afternoon Drive-program Martin Bester en sy span het binne drie uur ʼn trourok, ʼn koek, ʼn dominee en ʼn wittebrood vir die paartjie gereël. Daar is ook geskenke, ʼn troumotor en blomme geskenk. Om 19:00 gisteraand is die paartjie regstreeks op die radio in die eg verbind deur pastoor Francois Joubert. Monique se gesin het die seremonie bygewoon terwyl Rui se gesin dit via die internet in Portugal geluister. Die paartjie sou in April volgende jaar trou.

Om na ʼn opname van die troue te luister klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.