ASA-raad ontbind

imagesDie raad van Atletiek Suid-Afrika (ASA) is Saterdag tydens ʼn jaarlikse algemene vergadering in Johannesburg ontbind.

ʼn Interim-raad van sewe lede is intussen aangestel om ASA vir die volgende ses maande te bestuur waarna nog ʼn vergadering gehou sal word en ʼn verkiesing gehou sal word. Die interim-raad is Tebogo Masehla, Harold Adams, Aleck Skhosana, Jakes Jacobs, Daan du Toit, Steven Khanyile en Sello Mokoena. Mokoena, wat namens die raad praat, sê hulle is ʼn mandaat gegee om sake by die beleërde federasie uit te sorteer. Mokoena sê die proses om die raad te ontbind het Vrydag tydens ʼn spesiale vergadering in Johannesburg begin. Hy sê die besluit om die raad te ontbind was eenparig. James Evans, president van ASA, en Hendrick Ramaala, adjunkpresident, was nie by die vergadering teenwoordig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

So gaan alles verbrokkel wat tot stand gebring was. Welkom in Afrika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.