ATKV van rassisme beskuldig

animated-ATKV-Logoʼn Grafiese ontwerper beskuldig die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) van rassisme weens ʼn troubrosjure van een van die organisasie se oorde, berig City Press.

Die ontwerper, wat anoniem wil bly om haar werkgewer te beskerm, het dié uitlatings aan die koerant gemaak en e-posse verskaf om haar bewerings te staaf. Die ontwerper is gevra om ʼn brosjure te ontwerp vir die ATKV se Klein-Kariba-oord in Limpopo. Die persoon wat die projek namens die ATKV hanteer het vra glo in een van die e-posse dat die swart bruid in die brosjure verwyder word aangesien swart paartjies “anders trou, buite die oordreëls wil partytjie hou en hoogstens hiernatoe kom om foto’s by die dam te neem.” Die persoon het glo ook aan die ontwerpmaatskappy gesê dat “as julle foto’s van kleur moet/wil gebruik, gebruik dan eerder ʼn bruin paartjie.” Die ontwerper het aan die koerant gesê sy is gewalg deur die aanmerking. “Ons het dit met ʼn foto van ʼn wit bruid vervang maar dit is verregaande. Net voor dit het ek vir hulle ’n plakkaat ontwerp wat sê inklusiwiteit is een van hul waardes.” Schalk Cilliers, direkteur van die ATKV, het die bewerings ontken. Hy het aan die koerant gesê dat daar in die e-pos staan dat daar in die afgelope sewe jaar nie ʼn swart paartjie by Klein-Kariba getroud is nie en dat daar nie regtig ʼn mark vir swart troues by van hulle oorde is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Justi ·

Liewe jinne! Iemand moet altyd moeilikheid maak! Is die mens eenvoudig?

Hennie ·

En soos altyd die hand byt wat jou voer. Werk verskaf en daarvoor betaal. Wens ek kan werk kry. Sal my werkgewer dien soos ‘n slaaf.

Justi ·

Dis die waarheid wat jy daar praat Hennie! Ek hoop jy kry spoedig n werk iewers.
Elkeen het die reg om te kies waar hul wil trou. Waarom juis n swart foto daar sit? Is dit rassisties om fotos van jou keuse by jou advertensie te plaas? Beslis nie!
Ek sien dit as rassisties as als swart MOET wees net om die meerderheid gelukkig te hou.

Die persoon wie dit gedoen het moet eerder dankbaar wees sy het n werk.

Mary Sadler ·

*…dat daar in die afgelope sewe jaar nie ʼn swart paartjie by Klein-Kariba getroud is nie.*
Is dit nie juis ‘n rede om so ‘n wawyd-oop mark te ontgin nie? Vra maar net.

fransie ·

Reg of verkeerd die ontwerper het oneties opgetree – sover ek weet bly jou werk by die werk en nie in die koerante nie – as sy regtig haar werkgewer wou beskerm moes sy dit met hom/haar bespreek het of geweier het om die projek aan te pak – DIT is die regte ding om te doen!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.