Atleet geskiet tydens plaasaanval

Karen Wilkinson (nou Harmse), voormalige Suid-Afrikaanse hekkieskampioen, is Vrydagaand tydens ʼn plaasaanval naby Rustenburg in Noordwes geskiet en aangerand.

Beeld berig dat Harmse (46) Vrydagaand omstreeks 20:00 in die skouer geskiet is nadat sy op hul plaas, Rietfontein, aangekom het. Harmse was in die 90’s die Suid-Afrikaanse en Afrika-rekordhouer in die 100m-hekkies en het ook aan die Olimpiese Spele in Atlanta deelgeneem. Harmse is geskiet nadat sy uit haar motor geklim het. Haar aanvaller het vir haar selfoon gevra. Nols de Wet, Harmse se lewensmaat, was in die huis toe hy die skote gehoor het en hoe Harmse gil. De Wet, Harmse se pa, Kenny Wilkinson, en haar kinders Sheldon (15) en Amber (13) is deur die rowers gedwing om op die vloer te lê. Harmse is met ʼn geweer teen die kop geslaan en ook in die huis ingebring. Die rowers het rekenaars, selfone, beursies, ʼn Toyota Fortuner en ʼn Toyota Hilux-bakkie gesteel. Harmse moes steke in haar gesig en kop kry. Die gesin se honde is twee dae voor die aanval vergiftig. Hulle kon egter gered word. Een van die gesin se honde, Lilo, is tydens Vrydagaand se aanval deur ʼn koeël in die kop getref maar het oorleef. Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof en huisbraak. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Lees meer hier.

Corrie Sanders, die voormalige bokskampioen is Sondagoggend dood nadat hy Saterdagaand tydens ʼn gewapende rooftog naby Brits geskiet is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Manie de Villiers ·

Ek stem saam Sanette . Die ergste van als is dat daar op mense geskiet diere is dood is en die POLISIE ondersoek ʼn saak van gewapende roof en huisbraak , wat het van poging tot moord gebeur !!!

Amanda/Sindy ·

Woede is al wat ek ervaar as ek lees hoe ons mense verkleineer , vermoor, geroof en verkrag word. Woede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.