Atleet geskors na hy Caster Semenya beledig

Arnaud Malherbe

Die voormalige nasionale atletiekkaptein, Arnaud Malherbe, is vir 33 maande uit atletiek geskors nadat hy die voormalige wêreldkampioen, Caster Semenya, beledig het.

Beeld berig dat die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) hom skuldig bevind het op aanklag dat hy Semenya in 2009 in die verleentheid gestel het deur van haar persoonlik inligting op sy blog te publiseer. Malherbe het voor die 2009 Wêreld-atletiekbyeenkoms op sy blog geskryf dat Semenya ʼn hermafrodiet is. Malherbe het Semenya vroeër om verskoning gevra. ʼn Afrigter, wat anoniem wil bly, meen dis skokkend dat Malherbe vir so lank geskors is. Hy sê die skorsing is langer as dié van ʼn atleet wat verbode middels gebruik.

Lees die volledige storie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.