Aucamp se moordenaars nog op vrye voet

Minke Aucamp. Foto: Facebook

Teen Sondagmiddag was niemand nog in verband met die moord op Minke Aucamp, die matriekleerling wat tydens ‘n kaping doodgeskiet is, in hegtenis geneem nie.

Die matriekleerling, wat verlede Donderdag op pad was om by vriende te studeer, is in haar ouerhuis se oprit deur kapers in die gesig geskiet, berig EWN. Aucamp was ‘n leerling by die Jurgens Hoërskool in Springs en is in die mond geskiet toe sy met haar Hyundai Atos wou wegry. Die graad 12-leerlinge by die skool sal na verwagting dié week voortgaan met hul eindeksamen. Die polisie is steeds op soek na die gekaapte motor met registrasienommer ZPB435GP.

Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is op soek na drie mans wat glo in Aucamp se Hyundai gevlug het. “Ons is op soek na drie verdagtes. In hierdie stadium is niemand nog in hegtenis geneem nie, en die voertuig is nog nie opgespoor nie,” het Dlamini gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.