Die matriekleerling, wat verlede Donderdag op pad was om by vriende te studeer, is in haar ouerhuis se oprit deur kapers in die gesig geskiet, berig EWN. Aucamp was ‘n leerling by die Jurgens Hoërskool in Springs en is in die mond geskiet toe sy met haar Hyundai Atos wou wegry. Die graad 12-leerlinge by die skool sal na verwagting dié week voortgaan met hul eindeksamen. Die polisie is steeds op soek na die gekaapte motor met registrasienommer ZPB435GP.
Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is op soek na drie mans wat glo in Aucamp se Hyundai gevlug het. “Ons is op soek na drie verdagtes. In hierdie stadium is niemand nog in hegtenis geneem nie, en die voertuig is nog nie opgespoor nie,” het Dlamini gesê.