Die welsynsorganisasie Gift of the Givers het bekendgemaak dat hulle hul voedselhulp aan meer as 700 myners van Aurora in Orkney gaan staak.
Imtiaz Sooliman , die voorsitter van die organisasie, het Maandag aan RSG gesê hulle het na beraadslaging met COSATU besluit om met voedselhulp voort te gaan totdat die nuwe myneienaars oorgeneem het.
Myners, wat in 2010 laas betaal is, sal op 19 Junie vir die laaste keer voedselhulp kry. Gift of the Givers het vir drie maande voedselhulp verskaf. Die nuwe eienaar, SSC Mandarin, het bedrywighede by die myn op 1 Junie oorgeneem.