Aus-vrou in SA vermoor

Jette Jacobs

Jette Jacobs (67) van Australië, wat glo na Suid-Afrika gekom het om liefde te vind, is dood aangetref in ʼn Johannesburgse gastehuis.

Perth Now berig dat Jacobs se liggaam op 9 Februarie gevind is. Haar geld, juwele, skootrekenaar en ander persoonlike besittings word vermis. Jacobs, ’n weduwee en ouma van ses, het glo sowat vier jaar gelede ’n Nigeriër met die naam Jesse Orowo Omokoh (28) op ’n ontmoetingswebwerf raakgeloop. Jacobs het glo in November verlede jaar van Wagin, sowat 200km suidoos van Perth, na Suid-Afrika gereis om Omokoh vir ʼn tweede keer te ontmoet. Jacobs het glo reeds meer as $80 000 na Omokoh se bankrekening in Nigerië oorgeplaas tydens hul verhouding. Jacobs se seun, wat anoniem wil bly, sê vriende en familie het Jacobs probeer oortuig om nie na Suid-Afrika te kom nie. Omokoh het intussen spoorloos verdwyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marlene45 ·

Wanneer gaan die “eensame” vroue leer, dat jy nie oor die internet vir jou ‘n lewensmaat kan kry nie. Die kans wat jy vat is net te groot. Papier is baie geduldig en alles wat jy graag wil hoor kan vir jou gesê word. En ‘n Nigeriër op die koop toe, hulle is die grootste skelms wat loop! Hulle sit agter al die geld scams wat ons aldag van hoor.

Zondra Hoffmann ·

Absoluut skokkend! Maar wat op aarde het hierdie ouma besiel om deurmekaar te raak met hierdie “man” – wat hy nie is nie, hy is ‘n jagter!!! Ek is nie verbaas dat hy nie opgespoor kan word nie. Netsoos die smsse wat gestuur word dat jy geld of ‘n kar gewen het, en dis altyd ‘n Nigeriër wat betrokke is. Ek verbaas my dat eensaamheid mens na so ‘n onbesonne daad kan dryf!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.