Australië wil Zim-verkiesing herhaal; Brittanje betwyfel uitslag

President Robert Mugabe (middel) en sy vrou, Grace op 16 Julie 2013 Foto: voanews.com

Brittanje en Australië het Saterdag ernstige twyfel uitgespreek oor die geloofwaardigheid van Zimbabwe se verkiesingsuitslag nadat pres. Robert Mugabe ‘n wegholsukses behaal het.

William Hague, sekretaris van buitelandse sake in Brittanje, het gesê hy het “ernstige besware” oor Woensdag se verkiesing en versoek dat alle aantygings van bedrog in die verkiesing deeglik ondersoek moet word. “Die onreëlmatighede voor en tydens die verkiesing wat deur waarnemers aangemeld is en teenstrydig is met die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se riglyne, is die oorsaak dat die geloofwaardigheid van die verkiesing bevraagteken word,” het Hague gesê.

Hy het veral beswaar aangeteken oor bewyse dat die kiesersrol nie aan alle politieke partye in Zimbabwe beskikbaar gestel is nie, dat talle kiesers tydens die verkiesing van stembusse weggewys is en dat ‘n groot aantal ekstra stembriewe gedruk is.

In Amerika het John Kerry, sekretaris van die staat, Sondag gesê die land glo nie dat die uitslag van die verkiesing ‘n geloofwaardige uitdrukking is van die wil van die mense in Zimbabwe nie. Klik hier om meer te lees.

Intussen het Australië by Amerika en Brittanje aangesluit om die geloofwaardigheid van die verkiesing in twyfel te trek. Bob Carr, minister van buitelandse sake, het versoek dat die verkiesing herhaal moet word.

Carr sê hy doen ‘n beroep op die regering dat ‘n “vars verkiesing” gehou moet word ná besware aangeteken is, insluitend deur Australië se ambassade in Harare. “Dit lyk of daar ‘n groot aantal kiesers is wat nie kon stem nie,” het Carr gesê. Die geloofwaardigheid van die uitslag word bevraagteken. “Gegewe ons besware oor die uitslag, versoek Australië dat die verkiesing weer gehou word gebaseer op ‘n geverifieerde en ooreengekome kiesersrol.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kaspaas ·

Hoekom nie ? Hulle aanvaar dan elke keer die ANC verkiesings uitslae, en die IEC is tog maar net ‘n instrument in die hand van die ANC. Hoekom nou vir Zim uitsonder ?

Pieter Potgieter ·

Bedrog op die Afrika manier. Ken ons dit dan nie. Ja kom almal wat kan staan vas dat daar n herverkiesing moet plaasvind. Mense wat van Zim hier werk het geglo dat die UDM ver sou wen. Ons mag nog die selfde hier sien.

Leslie ·

Miskien is dit omdat die opposisie stemmers na Suid Afrika gevlug het ;)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.