Australiër in duikongeluk dood

Argieffoto

Argieffoto

Familielede van ʼn Australiese vrou, wat vandag in ʼn dekompressie-ongeluk in Durban oorlede is, ontvang traumaberading by die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI).

Die vier-en-veertigjarige Australiese vrou, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, het vandag 10km in die oopsee in, ʼn duikbootwrak verken. Sy het vermoedelik te vinnig na die oppervlak geswem, wat ʼn dekompressie-ongeluk veroorsaak het.

Hoewel sy by haar volle bewussyn was toe sy die oppervlak bereik het, het sy binne minute haar bewussyn verloor en toe ophou asemhaal. Haar vriende het dadelik mond-tot-mond-asemhaling begin toepas, die NSRI van die noodgeval in kennis gestel en hulle na die land gehaas. Die vrou is egter met hul aankoms in die Durbanse hawe dood verklaar.

Die vrou se naam is nog nie bekend gemaak nie. Die polisie is in kennis gestel en ʼn geregtelike doodsondersoek sal volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.