ʼn Australiër is van roekelose bestuur aangekla nadat hy glo ʼn skroefsleutel gebruik om sy motor mee te bestuur, het die polisie in Adelaide Dinsdag gesê.
Die 38-jarige man, wie se rybewys reeds opgeskort is, moes noodgedwonge die skroefsleutel gebruik, omdat sy motor nie ʼn stuurwiel gehad het nie. Hy is ook daarvan aangekla dat hy ná ʼn ongeluk nie gestop het nie. Hy het glo ʼn ander motor getref en veroorsaak dat dié motor twee van sy bande gebars het.
Ek wonder hoeveel sulke voertuie ry HIER by ons SO rond?
Welcome to the club, Australie!
Dis presies wat in SA gebeur het toe ‘n taxi daarvoor afgetrek is.