Gary Gray, die Australiese minister van hulpbronne, het om verskoning gevra nadat hy verkeerdelik aangekondig het dat oud-president Nelson Mandela dood is.
Gray het Donderdag in ʼn verskoning aan die Suid-Afrikaanse hoë kommissaris gesê hy is “ontsettend jammer” dat hy gaste by ʼn gala-ete van die minerale raad van Australië by die parlementshuis verkeerdelik ingelig het dat die anti-apartheidsleier dood is.
Gray sê hy het verkeerdelik dié inligting gedeel van wat hy gedink het was ʼn “vertroulike bron”.
Mandela is steeds kritiek in die hospitaal en volgens familielede word hy met masjiene aan die lewe gehou. Intussen het president Jacob Zuma ʼn beplande besoek aan Mosambiek afgelas, aangesien Mandela steeds in ʼn “kritieke toestand” is. Lees meer hier.