Australiese vrou na agt jaar dood in huis aangetref

 

Die verwaarloosde huis soos uitgebeeld in ‘n saamgestelde foto van die Sydney Morning Herald

Die verwaarloosde huis soos uitgebeeld in ‘n saamgestelde foto van die Sydney Morning Herald

‘n Australiese vrou het agt jaar lank in haar erg verwaarloosde huis dood gelê voor haar liggaam ontdek is.

Die bejaarde Natalie Wood is ‘n maand voor haar 87ste verjaarsdag dood en het alleen en teruggetrokke in haar huis in Sydney gewoon toe sy vermoedelik geval het toe sy uit die bed geklim het, en nie weer kon opstaan nie. Sy is van honger en dors dood.

Hoewel haar liggaam reeds in 2011 gevind is, het die voorval nou die media gehaal toe daar ‘n stryery oor haar boedel losgebars het. Die huis, waarin Natalie haar hele lewe lank gewoon het, is sowat 600 000 Australiese dollar werd, maar verder is daar byna niks in die boedel nie. Sy het byvoorbeeld nie ‘n yskas of TV besit nie.

Intussen berig die Sydney Morning Herald dat bure, na hulle van Natalie se dood gelees het, beweer hulle het ‘n paar jaar gelede ‘n vrou deur ‘n venster in die huis gesien. Die vrou het die gordyne oop, en toe weer toegetrek. Die polisie sê egter weens die lang tydsverloop tussen Natalie se dood en die besoek van die onbekende vrou, is dit forensies byna onmoontlik om vas te stel wat sy in die huis gedoen het.

In 2013 is die lyk van ‘n Rotterdamse vrou in haar huis gevind wat tien jaar tevore oorlede is.

Bronne: Sydney Morning Herald, Trouw

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.