
AWB-ondersteuners kom buite die rondgaande hof in Ventersdorp bymekaar. Die foto is deur die gebruiker @Mookiov op Twitter geplaas.
Die groep is in kamoefleerdrag geklee en het hulle motors met AWB-vlae en ander regalieë versier terwyl Afrikaanse liedjies soos Bok van Blerk se De La Rey gespeel word. Chris Mahlangu en ʼn minderjarige verskyn weer vandag in die hof na die saak in Oktober verlede jaar uitgestel is. Mahlangu en die minderjarige word daarvan beskuldig dat hulle Terre’Blanche in April 2010 op sy plaas buite Ventersdorp vermoor het. Albei het onskuldig gepleit op aanklag van moord, huisroof en roof met verswarende omstandighede. Mahlangu beweer hy het in selfverweer opgetree terwyl die minderjarige enige aandeel in die moord ontken.