AWB-ondersteuners buite ET-hofsaak

AWB-ondersteuners kom buite die rondgaande hof in Ventersdorp bymekaar. Die foto is deur die gebruiker @Mookiov op Twitter geplaas.

ʼn Groep AWB-ondersteuners het Maandagoggend voor die rondgaande hof in Ventersdorp bymekaargekom waar die moordverhoor van Eugene Terre’Blanche hervat word.

Die groep is in kamoefleerdrag geklee en het hulle motors met AWB-vlae en ander regalieë versier terwyl Afrikaanse liedjies soos Bok van Blerk se De La Rey gespeel word. Chris Mahlangu en ʼn minderjarige verskyn weer vandag in die hof na die saak in Oktober verlede jaar uitgestel is. Mahlangu en die minderjarige word daarvan beskuldig dat hulle Terre’Blanche in April 2010 op sy plaas buite Ventersdorp vermoor het. Albei het onskuldig gepleit op aanklag van moord, huisroof en roof met verswarende omstandighede. Mahlangu beweer hy het in selfverweer opgetree terwyl die minderjarige enige aandeel in die moord ontken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.