AWB-vlag wapper by Ventersdorp-hospitaal

ʼn AWB-vlag, in plaas van die Suid-Afrikaanse landsvlag, het vir ʼn ruk lank bo die Ventersdorp-hospitaal in Noordwes gewapper.

ʼn Woordvoerder van die departement van gesondheid in Noordwes, Tebogo Lekgethwane, sê die LUR vir gesondheid, Magome Masike, het die vlag raakgesien tydens ʼn ongeskeduleerde besoek aan die hospitaal. Hy sê veiligheidswagte by die hospitaal moet elke oggend die landsvlag hys en teen die aand weer afhaal. Lekgethwane sê hulle vermoed dat iemand vir hulle ʼn boodskap hiermee probeer stuur maar dat dit in die stadium onduidelik is wat die boodskap is. Die polisie ondersoek die saak. Die hospitaal se personeel word intussen ook ondervra. Die AWB-leier, Steyn van Ronge, kon nie onmiddelik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Flintie ·

Ek sou vreeslik graag die gesigte wou sien, ek is seker mens kan dit nie meet in rand en sent nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.