Baard-moord: Twee in hof

Mohammed Fayaz Kazi. Foto: EWN

Twee verdagtes wat daarvan verdink word dat hulle ʼn Moslem-man doodgeslaan het, gaan Maandag in die Krugersdorp-landdroshof verskyn.

Die twee verdagtes is oor die naweek in hegtenis geneem in verband met die moord op Mohammed Fayaz Kazi (27). Kazi is na bewering doodgeslaan nadat hy by ʼn kitskosrestaurant oor sy baard gespot en “Osama Bin Laden” genoem is.

Brig. Neville Malila, ʼn polisiewoordvoerder, het bevestig dat een van die verdagtes, ʼn 27-jarige man van Rustenburg, Saterdag in Hartbeespoort in hegtenis geneem is. Die premier van Noordwes, Thandi Modise, het Sondag in ʼn verklaring gesê dat die tweede verdagte homself Sondagoggend by die Magaliesburg-polisiestasie oorgegee het. Albei die mans verskyn op aanklag van moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die moord is uit talle oorde veroordeel en as rassisties en Islamfobies bestempel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.