Baard-moord: Verdagte borgtog geweier

Zayne van Tonder (links) en Roedolf Viviers (regs). Die aanklagte teen Van Tonder is verlede jaar teruggetrek. Foto: SAPA

Die Krugersdorpse streekshof het Dinsdag borgtog geweier vir Roedolf Viviers, wat daarvan aangekla word dat hy ʼn Moslem-man doodgeslaan het.

“Die aansoeker het nie daarin geslaag om te bewys dat dit in die belang van die gereg sou wees om op borgtog vrygelaat te word nie. Borgtog word dus nie toegestaan nie,” het landdros Reginald Dama gesê.

Viviers (28) en sy vriend Zayne van Tonder (33) het Mohammed Fayaz Kazi (27) glo op 6 Augustus verlede jaar by ʼn kitskosrestaurant in Magaliesburg aangerand. Viviers en Van Tonder het hom glo oor sy baard gespot en hom “Osama Bin Laden” genoem. Kazi het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Die aanklagte teen Van Tonder is in November teruggetrek.

Kazi se broers het “Prys Allah” geskreeu toe Dama sy beslissing gemaak het.

Viviers moet op 4 Maart in die Johannesburgse hooggeregshof verskyn wanneer ʼn verhoordatum bepaal gaan word.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.