Baard-moord: Verdagte vas

Mohammed Fayaz Kazi. Foto: EWN

Die polisie in Gauteng het bevestig dat ʼn verdagte in hegtenis geneem is in verband met die moord op Mohammed Fayaz Kazi (27). Kazi is na bewering doodgeslaan nadat hy oor sy baard gespot is.

Brig. Neville Malila, ʼn polisiewoordvoerder, sê ʼn 27-jarige man van Rustenburg is Saterdag in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Kazi was Maandag saam met ʼn vriend van sy pa, Anser Mahmood, by ʼn kitskosrestaurant in Magaliesburg toe die voorval plaasgevind het. “Twee mans het Kazi ‘Osama Bin Laden’ genoem,” het Mahmood Woensdag gesê. ʼn Stryery het in die restaurant ontstaan waarna al vier mans uit die restaurant gejaag is. Buite het die twee verdagtes Kazi glo herhaaldelik geslaan en geskop. Mahmood is glo met ʼn onbekende voorwerp oor die kop geslaan. Kazi is na die voorval van een hospitaal na ʼn ander verplaas, voor hy by ʼn hospitaal in Potchefstroom aan sy beserings beswyk het. Hy is reeds Dinsdag begrawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.