Baard-moord: Verdagtes hoor Woensdag oor borg

Mohammed Fayaz Kazi.

Twee verdagtes wat daarvan verdink word dat hulle ʼn Moslem-man doodgeslaan het, gaan na verwagting Woensdag hoor of hulle borgtog toegestaan gaan word.

Roedolf Viviers (28) en Zayne van Tonder (33) word daarvan beskuldig dat hulle op 6 Augustus Mohammed Fayaz Kazi (27) by ʼn kitskosrestaurant in Magaliesburg doodgeslaan het. Hulle het hom glo oor sy baard gespot en hom “Osama Bin Laden” genoem. Die beskuldiges het Dinsdag in die Krugersdorp-landdroshof verskyn, waarna die saak na die streekshof verskuif is.

Viviers word aangekla van moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Van Tonder word van aanranding aangekla.

Die saak is tot Woensdag om 11:30 uitgestel waar landdros Reginald Dama uitspraak oor hul borgaansoek sal lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.