Baard-moord: Verdagtes nog soek

Mohammed Fayaz Kazi. Foto: EWN

Die polisie ondersoek nog die  voorval waar ʼn Moslem-man na bewering in Magaliesburg deur twee mans doodgeslaan is nadat hulle hom oor sy baard gespot het.

Mohammed Fayaz Kazi (27) was Maandag saam met ʼn vriend van sy pa, Anser Mahmood, by ʼn kitskosrestaurant toe die voorval plaasgevind het. “Twee mans het Kazi ‘Osama Bin Laden’ genoem,” het Mahmood Woensdag gesê.ʼn Stryery het in die restaurant ontstaan waarna al vier mans uit die restaurant gejaag is. Buite het die twee verdagtes vir Mahmood met ʼn onbekende voorwerp bewusteloos geslaan. Kazi is oor die kop geslaan.

Kazi is na die voorval van een hospitaal na ʼn ander verplaas, voor hy by ʼn hospitaal in Potchefstroom aan sy beserings beswyk het. Hy is Dinsdag begrawe.ʼn Saak van moord is by die Potchefstroom-polisiestasie aanhanging gemaak.

Neville Malila, ʼn polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.“Ondersoekbeamptes het ooggetuies identifiseer en is besig om verklarings te neem, ná dit behoort ons gou iemand aan te keer,” het Malila aan EWN gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.