Baard-moord: Viviers skuldig bevind

Rudolph Viviers Foto: Werner Beukes/SAPA

Rudolph Viviers Foto: Werner Beukes/SAPA

Rudolph Viviers, wat ‘n Moslem-man doodgeslaan het in ‘n argument oor sy baard, is Donderdag effektief tot agt jaar tronkstraf gevonnis, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê.

“Viviers is tot 12 jaar tronkstraf, waarvan vier jaar opgeskort is, gevonnis vir strafbare manslag en vier jaar vir aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig,” het Phindi Louw, woordvoerder vir die NVG, gesê. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

Die saak is in die Johannesburgse hooggeregshof se sitting in Palm Ridge aangehoor.

Viviers en Zayne van Tonder het Muhammed Fayaaz Kazi en sy vriend, Anser Mahmood, op 6 Augustus 2012 by ‘n Chicken Licken-tak in Magaliesburg oor hul baarde gespot. Die mans het begin baklei en Kazi is ernstig aangerand. Hy het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Aanklagte teen Van Tonder is laat vaar.

Louw sê die NVG is tevrede met die uitspraak.

Viviers het ná die vonnisoplegging deur sy regsverteenwoordiger versoek om die families persoonlik om vergifnis te vra.

Die Mediahersieningsnetwerk (MRN) het sy verligting uitgespreek dat die hofsaak suksesvol geëindig het. “Die MRN spreek sy waardering en dank uit aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens vir die spoedige ontplooiing van ‘n spesiale taakspan wat verantwoordelik is vir die spoedige inhegtenisname, vervolging en skuldigbevinding van die beskuldigde,” het Iqbal Jassat, direkteur van MRN, gesê.

Lees ook:
Baard-moord: Verhoordatum weer uitgestel
Baard-moord: Verdagte borgtog geweier
Baard-moord: “Ek hoop die waarheid kom uit”
Baard-moord: Verdagte borg geweier
Baard-moord: Verdagtes hoor Woensdag oor borg
ANC “hartseer” na moord op Moslem
Baard-moord: Verdagtes borg geweier
Baard-moord: Twee in hof
Baard-moord: Tweede verdagte agter tralies
Baard-moord: Verdagte vas
Baard-moord: Verdagtes nog soek
Man in Magaliesburg doodgeslaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.