Baba Bokke hoop op selfversekerde begin

Die Suid-Afrikaanse o.20-rugbyspan speel Vrydag sy eerste wedstryd by die Junior Wêreldtoernooi in Italië wanneer hy Skotland pak in hulle Groep C-wedstryd.

Die span se kaptein Arno Botha het tydens die amptelike bekendstelling van die toernooi gesê daar is baie praatjies oor wie hulle grootste kompetisie gaan wees in die toernooi maar dat hulle vir eers fokus op Vrydag se wedstryd. “ Vir ons gaan dit daaroor gaan om die basiese dinge reg te doen. Dit is ons eerste wedstryd by die Junior Wêreldtoernooi en ons het sekere doelwitte wat ons gestel het,” se Botha. Die span ook teen Ierland en Engeland te staan kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.