Baba byt slang dood

'n Volwasse muntslang (Coluber nummifer)

ʼn Onderonsie tussen ʼn slang en ʼn baba in ʼn Israeliese stad het ʼn onverwagse draai geneem toe die seuntjie die reptiel doodgebyt het.

Die 1-jarige, Imad Gadir van Shfaram in die noorde van Israel, het die 35cm-lange slang Donderdagoggend in sy kamer opgespoor en hy was besig om daaraan te kou toe sy ma op hom afkom, het die Ynet-nuuswebwerf Vrydag berig. Die ma se histeriese gille het ʼn buurman na die huis laat haas wat toe die slang se oorblyfsels uit die seuntjie se hande geruk het. “Ek reken die kind het maar op kinderlike instink reageer toe hy die slang in sy mond gedruk het,” het slangvanger Eli Cohen glo aan Ynet gesê. “Gelukkig is die muntslang (Coluber nummifer) nie giftig nie, anders sou dit dalk tragies geëindig het.” Die gif van die muntslang is nie giftig nie, maar enigiemand kan allergies daarvoor wees. “Die slang verwurg sy prooi,” het Cohen gesê, “indien die slang groter was, sou dit dalk vir Imad verwurg het.” Die baba het tydens die voorval geen beserings opgedoen nie maar is wel na ʼn hospitaal in Haifa geneem om medies deeglik ondersoek te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.