Baba Cambridge se name bekend

William en Kate saam met George. Foto: Clarence House

Brittanje se prins William en sy vrou Catherine het hul babaseuntjie se naam bekend gemaak.

Die baba se name is George Alexander Louis en hy sal amptelik bekend staan as sy koninklike hoogheid prins George van Cambridge. Sy pa en ma staan bekend as die hertog en hertogin van Cambridge. George was ook die naam van koninging Elizabeth II se pa wat van 1936 tot sy dood in 1952 regeer het. Louis is een van William se middelname. Die naam Alexander laat die kenners egter kopkrap. Die koningin se middelnaam is wel Alexandra. Prins George is naas sy oupa prins Charles en sy pa derde in die ry om die troon op te volg. Hy is Maandag gebore.

Baba George in sy ma se arms. Foto: Clarence House

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.