Baba Chloe: Begrafnisreëlings bekend

Die 17 maandeoue Chloe Laney, wat Saterdag oorlede is, se begrafnisreëlings is bekendgemaak.

“Baba Chloe” se ouers, Corlia (27) en Henry (36), moes noodgedwonge die masjiene wat haar aan die lewe hou, afskakel.

Chloe, wat deur haar ma beskryf is as “die gesin se skoenlapperprinses”, is op 7 Julie 2011 op 27 weke vroeggebore. “Sy was ‘n baie siek baba en haar longetjies wou glad nie ontwikkel nie. Sy was omtrent tien dae aan masjiene gekoppel. Die pad van vroeggebore babas het baie op- en afdraendes,” het sy gesê. Teen Chloe se eerste verjaardag het sy reeds 312 dae in die hospitaal deurgebring.

Chloe het vinnig mense se harte op sosiale netwerke aangegryp en daar is landswyd vir haar gebid. Haar begrafnis vind Vrydag om 10:00 uit die NG-kerk (Moedergemeente) in Riebeeckstad, Vrystaat, plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.