Baba Chloe word van ventilator gespeen

Foto:facebook.com/ChloesPlea

Die eenjarige Chloe Laney veg steeds dapper om haar lewe in die neonatale-eenheid van die Sandton MediClinic.

Maroela Media het Maandag berig oor die dapper vegtertjie wat die grootste deel van haar kort lewe tot dusver in hospitale moes deurbring. Sy is verlede jaar op 7 Julie prematuur gebore en haar longetjies het nie ten volle ontwikkel nie. Sy het ʼn trageotomie-pypie om haar te help asem haal en word ook tans deur ʼn kunsmatige asemhalingsmasjien aan die lewe gehou. Lees meer hier.

Corlia, Chloe se ma, sê sy is gister vir ʼn rukkie van die kunsmatige asemhalingsmasjien afgehaal en het suurstof deur haar trageotomie-pypie gekry.

“Haar dokter het haar egter later weer teruggeplaas op die ventilator, omdat sy swaar begin asemhaal het. Sy het erg begin spartel en spook. Ag, dis so baie swaar om haar so te sien spook vir asem. So ʼn ruk nadat sy terug op die ventilator geplaas is, het sy rustig geraak en aan die slaap geraak. Hulle het haar vroegaand weer van die ventilator afgehaal, maar sodra sy swaar kry word sy teruggesit. So gaan hulle probeer om haar maar bietjies, bietjies te speen totdat sy heeltemal gemaklik is met net die trageotomie-pypie wat sy natuurlik nog baie jare gaan moet dra. Bly asseblief bid vir ons poppietjie,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.