Baba dood gevind in ouers se bed

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Agt maande oue babadogtertjie is dood aangetref in haar ouers se bed by hul huis in Port Alfred in die Oos-Kaap.

Lt. Luvuyo Mjekulo, woordvoerder van die polisie, sê die 31-jarige ma en 41-jarige pa het die dogtertjie en haar tweejarige boetie Saterdag saam na die bure se huis geneem toe hulle daar gaan kuier het. Hulle is later terug huis toe waarna die ma en die twee kinders in dieselfde bed aan die slaap geraak het terwyl die pa steeds in die sitkamer was. Die pa het die ma omstreeks 5:00 die volgende oggend wakker gemaak en gevra waar die baba is. “Toe hy opstaan het die ma gesien die baba is onder hom en dat daar ʼn wit vloeistof by haar neus uit loop.” Paramedici is na die huis ontbied en het die baba op die toneel dood verklaar. Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek geopen. “Ons sal wag vir die uitslag van die nadoodse ondersoek om te besluit of ons enige arrestasies moet maak in verband met die voorval.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sanet van der Bank ·

Babas hoort in ‘n kot. Nie in die ouers se bed nie en veral nie wanneer die ouers gedrink het nie. Die arme baba het tien teen een versmoor.

anon ·

My seuntji slaap vanaf hy n baba was langs my. Hys 16 maande slaap net langs my as sy pa nagskof werk dis ni n skande ni maar soos jy daar se drank en kinders in di bed werk ni ek stem

AmY ·

Babas hoort nie by die ouers in die bed nie. Babas hoort in hul eie wiegie. Ek neem aan die kind is ‘doodgelê’?

Anoniem ·

My dogtertjie raak 4 die jaar en het geslaap by my van geboorte af (bygese eks n enkel ouer) meeste van die tye het sy either op my bors aan die slaap geraak, of sommer in my arms… die moment wat jy ouer raak skop jou instinct in automaties slaap jy ligter oor jy bang is jy gan jou kind seer maak… ek kry die ouers vreeslik jammer, maar hulle moes versigtig gewees het… dit help nie mens wys vingers en se wie se skuld dit was nie, dit het gebeur en ongelukig vi die ouers is hulle nou n baba kwyt, Maar God laat als gebeur met redes.. die wereld begin nou so wreed te raak en vol haat en rasisme… eerlik waar, ek dink nie eens ek wil nog kinders in hierdie wereld in bring nie, nie tot dit verbeter nie… my opinie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.