Baba en sy oppasser in Delmas vermoor

Nagwaak vir Wiehan Botes en sy dagmoeder. Lees meer hier.

Egpaar het agt jaar op baba gewag. Lees meer hier.

Wiaan Botes

ʼn 5-maandeoue baba en sy 66-jarige oppasser is Woensdag in Delmas vermoor.

Kol. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder van die Mpumalanga-streek, het pas aan Maroela Media bevestig dat die liggaam van die 5-maandeoue baba onder ʼn bed gekry is. “Die baba, Wiaan Botes, en sy oppasser, Margaret de Goede, is albei verwurg,” het Hlathi gesê. Die baba se 18-maandeoue sussie was ook in die huis, maar is ongeskonde. Volgens Hlathi vermoed hulle dat die moordenaars nie van haar teenwoordigheid bewus was nie. Die polisie het nog geen verdagtes nie, die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Louis van Ryneveld ·

‘n Bejaarde vrou en ‘n baba word op Delmas verwurg. In Bloemfontein word ‘n man deur ‘n bende met pangas en ‘n rewolwer gewapen doodgekap terwyl sy vrou en kinders in ‘n kas toegesluit is en moes hoor hoe hy vermoor word. So kan enigeen voortgaan wat enigsins ag slaan op die nuus. Daar is elke dag voorbeelde van sulke gewetenlose, sinnelose, barbaarse geweld. EN DAN WORD BEWERINGS GEMAAK DAT DIE TERRORISTEOORLOG VERBY IS.

monique ·

Da is net 1 ding om te en dis dat di gud wat dink hul is di Here om mense se lewens te vat niks anders as gewetenlose, gemors, ni menslike gud kan wees ni. En dan is da nogsteeds ons slegte ongeletterde regs stelsel wat toelaat dat di diere want mense kani so iets dun ni, vrygelaat word op n minimum van 500 rand se borg. Hu kan hul sulke gud gudkeer as hul onskuldige weerlose babatjies so behandel wat net liefde en aandag vra. hu seer mut dit ni net wees vi di arme ouers om so moi ou seuntjie aan di dood af te staan en hul mut weet di weterse gud loop nogsteeds op vrye voed en gan verkrag en maak ander mense dood en hul sal noit kan weet wat di rede ees da voor was of gemoedsrus kan he dat di vuilgud wat dit gedun het agter tralies sal sit en boet vi dit wat hul gedun het ni. ons kastige land het stelsel wat kan werk. Ma di boeties en sussies beskerm mekaar so die gud sal noit toelaat dat di eintlike varke boet vi hul dade ni. As hul we’ll gevang word gan hul tronk toe vi paar dae en dan word hul wee vrygelaat. SA is in sy glory in met als wat an gan pleks hul net dood straf terug bring en di gud wat so mak met mense kan uitroei en kla kry want ons het ni sulke onmenslike gud in di lewe nodig ni di lewe is kla swaar genug.

Lucia Dreyer ·

En dan maak mense so ‘n bohaai oor ‘n stukkie kuns, maar oor so ‘n sinnelose moord op ‘n baba en ‘n bejaarde sal natuurlik nie dieselfde reaksie uitlok nie!!!!!

Leonie ·

ek kan diti vestani,hoe iemand so kan wees en di beste van als is hule gan wegkom damee..ek se ook BRING DIE DOODSTRAF TRUG!!!lat elkeen wat i lewe vat van iemand kan voel hoe dai arme mensies moes voel..dit breek my hart om t weet dat jo kinders nerens meer veilig is ni…

Bernadine Lombaard ·

Dit is ‘n skokkende gebeurtenis – en tog so “alledaags” in Suid Afrika! Wat gaan deur jou kop dat jy ‘n klein baba’tjie en ‘n weerlose dame op hierdie manier kan ontneem van hul lewens? Sinnelose, geweldadige gedrag word verdoesel onder die begrip – huisroof! Dis nie roof nie, dis VOLKSMOORD wat in Suid Afrika aan die gang is!! Ek kan net vir die betrokke families bid, en my kop in skaamte laat sak, omdat ons toelaat dat hierdie tipe van gedrag aanvaarbaar is!!

Mike ·

En ons leiers is nerens te siene nie, elkeen iewers besig om op sy eie mishopie te skrop. Hulle sal selfbeskikking ontken en ignoreer omdat dit dalk hulle aansien of hulle beursies kan benadeel totdat daar net ‘n handjievol afrikaners oorbly.

Om steun te kry is die taal die belangrikste want die afrikaner val vir die wortel wat voor sy neus gehou word. Al bly daar geen afrikaner in SA meer oor nie soos in Zimbabwe feitlik geen blankes meer oor is nie, sal hulle ons bly probeer oortuig jy kan ‘n olifant met ‘n feertjie omslaan.

Afrikaner leiers wat nie selfbeskikking as die oplossing sien nie is dit nie werd om enigsins deur die afrikaner as ‘n leier of as deel van die afrikaner erken te word. Hierdie gebeure is die gevolg van ruggraatlose afrikaner leiers (as daar is) wat nie die “guts” het om op te staan en te sê tot hiertoe en nie verder nie.

tersia agrela ·

Hoop die gud wat dit aan n kind kan dun sterf op n meer wreedaardige manier. N oog vir n oog bring doodstraf terug

Ursula Anderson ·

Waar is ons leiers? Iemand moet iets doen, hoe kan sulke mense nog onder ons rondloop, dit is siek man! Dinge moet tot n punt kom, die land is te vol haat, waar is die Jesus liefde en respek wat ons as medemens vir mekaar moet he??? Die blerrie fools is soos wilde diere, wat daai arme tannie en baba moes deurgaan, hoe bang was daai babatjie nie en hulpeloos die ou tannie, ek is self n mamma van 3 pragtige kinders en weet net hoe verskriklik dit moet voel om so iets deur te maak. Daai varke het seker self kinders van hulle eie. Ek bid vir verandering in ons pragtige land wat so verniel word deur barbaarse onopgevoede genadelose diere!!! Jy jou hartelose mens, mag jy brand in die hel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.