Baba gebore met geslagsdeel op voorkop

Die Siamese tweeling wat vroeër vanjaar in dieselfde hospitaal gebore is

ʼn Baba met net een oog en ʼn manlike geslagsdeel op haar voorkop is gister by die Dr Malizo Mpehle Gedenkhospitaal in Tsolo in die Oos-Kaap gebore, berig Sowetan Live. Die babadogtertjie, wie se ma ʼn 16-jarige meisie van Qumbu is, het nie oorleef nie.

Die Oos-Kaapse gesondheidswoordvoerder Sizwe Kupelo sê die dogtertjie is met een oog op haar voorkop gebore, geen neus nie en geen oë waar haar oë moes wees nie. Haar ingewande was ook ontbloot.

Vroeër vandeesmaand is ʼn Siamese tweeling by dié hospitaal gebore – die vyfde Siamese tweeling wat in die afgelope 18 maande in die provinsie gebore word.

Die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement het ʼn beroep gedoen dat meer navorsing deur pediatriese spesialiste gedoen moet word om vas te stel waarom daar so baie misvormde babas in die provinsie gebore word. Volgens Kupelo is daar die afgelope twee jaar 50 misvormde babas gebore, sonder enige ooglopende oorsaak. Geboortegebreke sluit in Siamese tweelinge, babas wat met hul hart of brein ontbloot gebore word, en babas met dubbele geslagsdele of vier bene.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.