Baba gesond gebore na baarmoeder-operasie

Hayden en Tarren Ford saam met hul baba Joel. Foto: Ford-gesin

ʼn Babaseuntjie is die week blakend gesond gebore nadat hy verlede maand ʼn operasie gehad het terwyl hy steeds in sy ma se baarmoeder was.

TimesLive berig dat Joel Hayden Ford Dinsdag op 38 weke met ʼn keisersnee in die lewe gebring is by Umhlanga-hospitaal in Durban. Hy het 3,32kg geweeg by geboorte. Joel se ma, Tarryn, was 31 weke swanger toe dokters deur ʼn gaatjie in haar buik ʼn dreineringskateter in sy bo-lyfie geplaas het. Joel is gediagnoseer met hidrotoraks, ʼn toestand waar vog in die weefsel tussen die longe en borskas versamel. Ismail Bhorat, ʼn fetus-spesialis, sê die toestand kom voor by een uit 15 000 fetusse. “Die opbou van vog kan druk plaas op die baba se borskas wat kan lei tot asemhalingsprobleme en veroorsaak dat die hart nie behoorlik pomp nie.” Bhorat sê dit kan verder tot gevolg hê dat die baba se longe nie behoorlik groei nie en veroorsaak dikwels hartversaking.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.