Baba gewond in rooftog

’n 23 maande oue babaseuntjie sal van vooraf moet leer loop nadat hy en sy ouma Saterdag tydens ʼn rooftog in die Randpark Ridge-winkelsentrum in Johannesburg geskiet is.

Beeld berig dat ’n bende van nege rowers omstreeks 10:30 in die sentrum op die hoek van Randparkrylaan en Sederstraat toegeslaan en drie sakke vol juweliersware by die NWJ-juwelierswinkel gebuit het. Neels Brits (57) en sy vrou Rina (52), eienaars van die juwelierswinkel, het hul kleinseun Benjamin na die Wimpy geneem vir ontbyt toe die rowers uit die winkel gestorm en skielik losgebrand het. Benjamin en sy ouma is albei in die linkervoet geskiet. ’n Besoeker en ’n polisiekonstabel is ook ná die rooftog gewond. Die rowers het met die buit in ’n Isuzu-dubbelkajuitbakkie weggejaag. Vier verdagtes is deur die polisie aangekeer terwyl die ander vyf verdagtes ontsnap het. Volgens Benjamin se pa, Eben, sal sy seuntjie van vooraf moet leer loop aangesien sy enkelbeen gesplinter is en die wond tussen vier en ses weke sal neem om te herstel. Die vier verdagtes sal vandag in die Randburg-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord en gewapende roof.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Monica ·

Goeiemore

Net ‘n regstelling asb – dit was by die Randridge Mall op die hoek van John Vorster en Kayburne strate en nie soos in jul berig gemeld nie.

Dankie
Monica

Monica ·

Net ‘n regstelling asb – dit was by die Randridge Mall op die hoek van John Vorster en Kayburne strate en nie soos in jul berig gemeld nie.
Onnodige geweld alweer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.