Baba Hope se moord ná 22 jaar opgelos

Baba Hope. Foto: AFP

Baba Hope. Foto: AFP

Die moord van ‘n onbekende dogtertjie wat 22 jaar gelede die wêreld aangegryp het, is volgens die polisie in New York ná 22 jaar uiteindelik opgelos.

Die kind se erg ontbinde lykie is 22 jaar gelede onder ‘n hoop Coke-blikkies langs ‘n snelweg gevind. Aan die beserings wat die meisie opgedoen het, was dit duidelik dat sy voor haar dood erg mishandel is. Die lykie was egter al te erg ontbind om enigiets oor die identiteit van die kind te wete te kom, en polisielede het uit eie sak saamgespan om die kind te begrawe, en ‘n grafsteen op te rig. Die naam wat op die grafsteen pryk is “Baby Hope,” en daarby die versoek dat enigeen met besonderhede oor die kind die polisie kontak, met ‘n telefoonnommer.

Ná 22 jaar het ‘n vrou egter na vore gekom en daarop aanspraak gemaak dat Baba Hope haar sussie was. Sy is toe pas deur ‘n familielid meegedeel dat haar sussie vermoor is. Toetse het bevestig dat Baba Hope inderdaad Anjelica Castillo was, wat vier jaar oud was tydens haar dood.

Die vrou se ma het laat blyk dat sy ten tyde van die kind se verdwyning nie meer toesig oor Anjelica gehad het nie en nie weet wat van haar geword het nie.

Na ondersoek is die neef van die slagoffertjie, Conrado Juarez, in hegtenis geneem wat beken het dat hy Anjelica verkrag en toe versmoor het. Juarez, nou 52, se suster het van die lykie ontslae geraak, en nie een van die twee het ooit weer oor die voorval gepraat nie.

Bronne: Wall Street Journal, nbcnewyork.com, usa today.com, Trouw  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ek ·

Dit is baie tragies. Hoe leef mense vir daardie heel tyd met hulle gewetens saam. Glo nie hulle het gewetens nie. Hoop hulle word die geskikte straf toegedien

Marie Breet ·

Ag siestog. Gelukkig is sy by Onse Vader waar niemand meer pyn het nie. Hierdie man het die Here se toorn oor homself uitgespreek. Mag hy berusting vind met wat hy gedoen het en sy aardse lewe geniet, want eendag moet hy antwoord aan God. Nou kan jy rus in vrede “Baby Hope”. God met jou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.