Baba in hospitaal nadat sy in warm kar gelos is

ʼn Vier maandeoue babadogtertjie is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat sy Woensdag in Springs in ʼn voertuig, wat in die son parkeer was, gelos is.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê die voertuig was in Sewendestraat parkeer, waar voetgangers die babatjie omstreeks 10:30 opgekrul in ʼn bondeltjie gesien lê het. Die polisie is ontbied waarna hulle die voertuig se venster stukkend geslaan het om die babatjie uit die motor te kry.

“Met paramedici se aankoms was die babatjie in ʼn ernstige toestand as gevolg van die uitermatige hitte. Sy was gedehidreer en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Botha gesê.

Die polisie ondersoek die voorval.

Maroela Media het vroeër berig dat ʼn bejaarde vrou ook behandeling moes kry omdat sy in ʼn voertuig in Boksburg in die son toegesluit was. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trudie ·

Die straf vir hierdie tipe van dinge is nie goed genoeg nie. Liewe Vader, hoe los jy ‘n mens, baba of oumens of selfs diere, in toe karre. Sulke mense moet vir ‘n heeldag in ‘n toe kar toegesluit word, bo en behalwe ‘n helse groot boete

rudolph le roux ·

Di mense moet lewens lank tronk straf kry as dit by kinders kom

rudolph le roux ·

Di straf vir sulkke mense moet di dood straf kry vir al as dit oor kinders gaan as ek daai persoon moes kry was hy vrek ej sou di lewende he’ll yt hom ge bliksem het hulle is ni ouers se gatte werd ni sal graag hulle fave to fave wil sien

B. Nel ·

Daar is mense in die lewe wat net nooit moet kinders kry nie. sluit die ma en die pa as die ma weet wie is die pa is in die kar toe en laat hulle gaan bak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.