Baba in Oudtshoorn ontvoer

Die polisie soek tans na ‘n drie wekeoue-baba wat deur ‘n jong vrou in Oudtshoorn ontvoer is, het die Wes-Kaapse polisie Maandag gesê.

Die baba het verlede week Donderdag vermis geraak onder ‘n 17-jarige tienermeisie se toesig voor die dorp se Spar, het kaptein Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie gesê. Die baba se ma het die babatjie saam met haar 14-jarige susterskind en die vreemde meisie se toesig gelaat toe sy geld wou trek by die plaaslike bank, berig IOL. Toe sy teruggekeer het, was die meisie en die babatjie weg. Die vreemdeling het glo die seun gevra om ‘n geheuestokkie van R10 te gaan koop, terwyl die ma in die bank was. Die ma het die ontvoering Donderdagmiddag by die polisie in Bridgeton, Oudtshoorn, aangemeld. Die jong meisie het ‘n ligte vel. Sy het ‘n blou denim, ‘n kleurvolle bloes met blomme en ‘n wit baadjie met blou strepe aangehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.