Baba Jake Matlala oorlede

Die foto van Baby Jake Matlala is in Oktober 2009 geneem. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die foto van Baby Jake Matlala is in Oktober 2009 geneem. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die legendariese bokser Jacob (Baby Jake) Matlala is Saterdagoggend in die ouderdom van 51 oorlede.

EWN berig dat Matlala die afgelope paar jaar verskeie kere in die hospitaal opgeneem is vir komplikasies weens longontsteking. Matlala, ʼn voormalige viermalige wêreldkampioen, het op 18-jarige ouderdom begin boks en was die wêreld se kortste bokskampioen. Hy word oorleef deur sy vrou en twee kinders.

Bron: EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.