EWN berig dat Matlala die afgelope paar jaar verskeie kere in die hospitaal opgeneem is vir komplikasies weens longontsteking. Matlala, ʼn voormalige viermalige wêreldkampioen, het op 18-jarige ouderdom begin boks en was die wêreld se kortste bokskampioen. Hy word oorleef deur sy vrou en twee kinders.
Bron: EWN