Baba kritiek ná sy van rusbank af val

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Agt maande oue babadogtertjie is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat sy Dinsdag van ʼn rusbank af geval en op haar kop te lande gekom het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 11:00 in Umhlanga, KwaZulu-Natal, plaasgevind. “Die oorsaak van die voorval en die voorafgaande gebeure is nog vaag en sal deur plaaslike owerhede ondersoek word,” het Botha gesê.

Die kind se ouers het haar na ʼn plaaslike dokter gehaas, waarna paramedici ontbied is om haar na die Netcare-hospitaal in Umhlanga te neem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Willy ·

Ag dis baie sad. Ongelukke gebeur so vinnig met die kleintjies. Hoop sy herstel volkome.

Annika ·

Sjoe, dis vreeslik. ‘n Ongeluk gebeur so bitter vinnig, mens kyk weg vir ‘n sekonde! Ek bid dat sy volkome sal herstel. Xxx

Seg Net ·

Hel ek hoop nie die baba het permanente skade opgedoen nie. Mens verwag nie dat so iets gebeur nie en as dit gebeur verwyt jy jouself. Hoekom het en nie dit of dat gedoen nie. Kan nie te versigtig met kleintjies wees nie. Somer is op hande en mens is so agterlosig met swembaddens.

vuurvreter ·

Ai tog. Dit kan met enige mens gebeur. Net n oog knip en dan gebeur dit. Ek hoop die baba herstel en sterkte vir haar ouers.

Mamma ·

My 11 maande oue seuntjie het net verlede week van die bed afgeval. Gelukkig was dit nie ernstig nie en gou vergete vir hom. Mens voel vreeslik, maar mense het my verseker “toemaar elkeen het ‘n storie van toe hulle kind geval het”. Ek voel so jammer vir hierdie ouers dat hulle storie so ernstig is.

ida ·

Dit kan gebeur, dis ‘n ongeluk. Hoop kleinding herstel ten volle

InaT ·

aaaaiiii tog!!! Dis hardseer. Op daardie ouderdom is hulle mos die ‘explorers’ en wil alles self probeer. Hoop rerig dat kleinding nie ernstig beseer is nie en gou weer verder gaan ‘explore’. Sterkte aan die ouers en vergewe julleself sodat julle voorentoe kan beweeg.

Nicolette ·

Ai, dit is so hartseer! Ek is self n ma en jy probeer jou kind met als oppas en beskerm maar n ongeluk gebeur so vinnig! Hoop regtig dat die kleinding weer herstel en gou weer kan speel!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.