Baba L geopereer, toestand steeds ernstig

Baba L

Baba L

Die tweejarige dogtertjie wat glo deur haar ma en dié se kêrel mishandel is, se toestand is steeds ernstig nadat sy Vrydag in die Steve Biko-hospitaal geopereer is.

Volgens ʼn familielid is Baba L, soos sy in die media gedoop is aangesien sy volgens wet nie geïdentifiseer mag word nie, Vrydag geopereer waartydens ʼn voedingspyp in haar maag en ʼn asemhalingspyp in haar keel geplaas is. Baba L het glo erge infeksie in haar longe en is daar steeds ʼn gaatjie in haar pankreas. Die familielid sê Baba L se toestand is steeds ernstig en het ʼn beroep gedoen op mense om steeds vir die tweejarige te bid.

Baba L se 20-jarige ma en dié se 36-jarige kêrel sal intussen Dinsdag in die Pretoria-Noord-landdroshof om borg aansoek doen. Hulle het Maandag 6 Januarie vlugtig in die hof verskyn en die saak is uitgestel. Baba L se ma het onbedaarlik gehuil tydens die verskyning. Die twee is op Saterdag 4 Januarie by die Steve Biko-hospitaal in hegtenis geneem waar Baba L behandel word. Baba L is op Oujaarsdag in die Steve Biko-hospitaal opgeneem nadat sy inmekaargesak het. Volgens die polisie is Baba L op 16 Desember in die sorg van die kêrel gelos en is sy beseer. Sy is weer op 27 Desember in die kêrel se sorg gelos en het sy glo van ʼn wasmasjien af geval waarna sy na ʼn hospitaal geneem is vir behandeling. Sy is weer op Oujaarsdag na die hospitaal geneem waarna ‘n dokter haar ondersoek en die polisie ontbied het. Sy het ernstige kop- en lyfbeserings opgedoen waaronder gebreekte ribbes, ʼn skedelbreuk, bloeding op die brein en gaatjies in haar pankreas en niere.

Lees al die berigte oor Baba L op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Justi ·

Ek swyg eerder voordat ek dinge se wat onbetaamlik is vandag.

Ek bid dat die dogtertjie spoedig sal herstel en wonderlike nuwe ouers sal kry wat haar aanneem.

Hoop nie die staat gee haar ooit weer terug aan daardie monsters nie!

Ria Maritz ·

Hierdie babatjie het die pragtigste gesiggie. So hartseer dat die liggaampie so erg geskend is.

Aan die familie : Ons is BAIE wat vir haar, en vir julle bid – opregte gebed vermag baie.

Daar is ook versoek dat die pappa geleentheid gegun word om al die tyd wat hy tot sy beskikking het, in privaatheid by sy dogtertjie se bed kan waak en hom nie knaend bel of sms nie, ALHOEWEL hy dit oneindig baie waardeer.

Gun hom daardie tyd.

Gideon Erasmus ·

Ek wonder net waar is die naby famile dat hulle nie iets kan agterkom nie! Behoort mens nie tekens van mishandeling waar te kan neem nie?

AmY ·

Hoekom is die kêrels altyd soveel ouer as die vrouens???? Sy is dan byna nog self ‘n kind teen hom?

hyla ·

Ek bid dat die pappa n ordentlike mens is< en indien wel,dat hy die ma nooit weer naby sy kind sal toelaat nie. Laat sy maar kinders by die nuwe man kry en kyk of hy dit aan sy eie ook sal doen. Vir hulle 2 kan ek net se, SIES vir julle. Pick your own size!!!!!

Francois ·

Ek wens ek kan my hande op daai Vark kry. Da sal nou n tyd in hierdie land moet kom dat ons n voorbeeld moet maak met sulke mense,sorry Diere want jy kan hul nie mense noem nie.Die dogtertjie se ma moet die selfde pad loop. Ek hoop as hul tronk toe gaan dat daar so n bietjie n boodskap voor uit gaan dat hul gaan sit.dan moet daar n paar inmates hul elke dag bykom.Ons moet ons kinders beskerm.Dis nou die 2de geval in n maand wat 2 dogtertjies so seer gemaak word.Dit is nou net die wat ons van weet.Ek hoop die regter wat hul gaan vonnis oplê ordentlik sy job sal doen.

Linda Holmes ·

DANKIE vir die dokter wat aan diens was en polisie laat kom het anders sou dit te laat gewees het……lyfie kan gesond word maar die emosionele letsels?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.