Baba L: Ma, kêrel weer in hof

Baba L

Baba L

ʼn Ma en haar kêrel wat daarvan beskuldig word dat hulle die vrou se tweejarige dogtertjie mishandel het, sal Dinsdag om borg aansoek doen in die Pretoria-Noord-landdroshof.

Die 20-jarige ma en haar 36-jarige kêrel is Saterdag 4 Januarie by die Steve Biko-hospitaal in hegtenis geneem waar Baba L, soos sy in die media gedoop is aangesien sy volgens wet nie geïdentifiseer mag word nie, behandel word. Hulle het Maandag 6 Januarie vlugtig in die hof verskyn en die saak is uitgestel. Baba L se ma het onbedaarlik gehuil tydens die verskyning.

Baba L is op Oujaarsdag in die Steve Biko-hospitaal opgeneem nadat sy inmekaargesak het. Volgens die polisie is Baba L op 16 Desember in die sorg van die kêrel gelos en is sy beseer. Sy is weer op 27 Desember in die kêrel se sorg gelos en het sy glo van ʼn wasmasjien af geval waarna sy na ʼn hospitaal geneem is vir behandeling. Sy is weer op Oujaarsdag na die hospitaal geneem waarna ‘n dokter haar ondersoek en die polisie ontbied het. Sy het ernstige kop- en lyfbeserings opgedoen waaronder gebreekte ribbes, ʼn skedelbreuk, bloeding op die brein en gaatjies in haar pankreas en niere.

Lees vorige berigte oor Baba L op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sanet van der Bank ·

Die arme baba. Ek huil elke keer wanneer ek iets oor haar lees. Hoe kan groot mense ‘n baba so mishandel en aanrand. Julle dag sal kom. Ek hoop daardie baba herstel volkome en dat sy weggevat word van haar sogenaamde ma af. Daai vrou is die naam ‘ma’ nie werd nie want ‘n ma sal na die eerste voorval die kêrel in sy kanon gestuur het.

Ria Maritz ·

Die VERMETELHEID om nog te wil aansoek doen vir borg – LOS DIE ADDERS OM TE VROT IN DIE TRONK.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.