Baba L se ma hoor dalk vandag oor borg

Baba L se ma verlaat die hof tydens 'n vorige verskyning. Foto: @MiaWil1

Baba L se ma verlaat die hof tydens ‘n vorige verskyning. Foto: @MiaWil1

Die 20-jarige ma en haar 36-jarige kêrel wat daarvan verdink word dat hulle glo die ma se tweejarige dogtertjie mishandel het, sal moontlik Vrydag hoor of hulle op borgtog vrygelaat gaan word.

Landdros Pierre Wessels het tydens die verdagtes se vorige verskyning in die Pretoria-Noord-landdroshof gesê hy is bekommerd oor die ma se emosionele toestand en haar vir sielkundige evaluasie gestuur. Die ma het Dinsdag aan die hof gesê sy was nooit teenwoordig toe die beweerde mishandeling plaasgevind het nie. Pieter Coetzee, die ma se prokureur, het in die hof haar verklaring voorgelees en gesê sy is op drie verskillende geleenthede by haar werk geskakel en ingelig oor haar kind se beserings. Die kind, Baba L, soos sy in die media bekend staan, het deur die jaar ʼn kleuterskool bygewoon terwyl die ma gewerk het. Sy was genoop om in Desember haar dogtertjie in die kêrel se sorg te los.

Tydens een geleentheid is die ma meegedeel dat die kêrel en Baba L saam by die trappe afgeval het. Tydens ʼn ander geleentheid het die kêrel gesê Baba L het van die wasmasjien afgeval. Baba L is na die Steve Biko-hospitaal geneem, waar sy later ontslaan is. “Ons is daarna na ʼn privaathospitaal, maar die dokter daar was geskok dat my kind ontslaan is en ons moes haar terugneem Steve Biko toe,” het die ma in haar verklaring gesê.

Die paartjie is op 4 Januarie by die Steve Biko-hospitaal in hegtenis geneem kort nadat Baba L daar opgeneem is met ernstig kop- en lyfbeserings. Sy word steeds daar behandel vir gebreekte ribbes, ʼn skedelbreuk, bloeding op die brein en gaatjies in haar pankreas en niere.

Lees vorige berigte oor Baba L op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

mickey ·

kan maroela nie vir ons gesig fotos van die 2 monsters wys nie sulke mense se gesigte moet in die hele suid afrika se geheue ingeprent word sodat hulle orals waar hulle mag gaan in die toekoms soos uitvaagsels behandel kan word dit sal die grief wat ons normale mense moet verduur minder maak as om net pasief te moet toeluister hoe sulke vuilgoed n weerlose kind mishandel het , hul kort hul eie medisyne terug.

Zet ·

Los maar die tweetjies in die tronk. Wat hier gebeur het, het die hele land geskok.
Bid steeds vir genesing vir baba L.

EyesEars ·

Ek sou se dat hierdie saak baie deeglik ondersoek moet word. Die kind kan moontlik n baie swak been struktuur he, wat beteken dat een keer se val, moontlik ‘n breuk kan veroorsaak. Dit is nie ongewoon nie en was seker ook nog nie ondersoek nie. Die feit dat die kind in n kleuterskool was, sal ek ook bevraagteken. Dit kan moontlik wees dat sy reeds daar beserings opgedoen. Nie so seker van die kerel nie. Hy moet maar self verduidelik. Indien ek myself in die skoene van die ma moet sit, sou ek ook in ‘n toestand gewees het (tensy sy goed doen of se wat nie gehoord is nie).

Wat ook baie interressant is, is die feit dat sulke tipe gevalle meer en meer voorkom. In my opinie, wat die media betref, voel ek dat dit as ‘n middle wat gebruik word om mense teen mekaar op te sweep, sonder dat daar feite is. Dus probeer daarteen waak. Elke huis het sy kruis en mens ken nie altyd die omstandighede nie.
Indien en wanneer ‘n doktor of hospital so ‘n geval hanteer en hulle neuk op, is hulle baie gou om die ouers te laat arristeer vir die hospital se nalatigheid. Waarom is die ouers gearristeer, NADAT die kind reeds in die hospital was, toe is die kind na ‘n privaat dokter geneem en toe weer terug na die hospitaal toe. Mmmm! Dit laat ‘n mens wonder.
Kom ons wag eers vir al die feite, medies en ander, voordat daar enige “label” om iemand se nek gehang word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.