Baba met hart buite bors sterf

Die babaseun wat verlede week in Port Elizabeth met sy hart buite sy borskas gebore is, is Vrydagoggend dood.

ʼn Woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van gesondheid, Sizwe Kupelo, sê die baba is Vrydagoggend omstreeks 3:30 dood. Die babaseun is verlede week Maandag tuis gebore voor hy en sy 17-jarige ma na die Dora Nzinga hospitaal gehaas is. Hy het verlede week ʼn noodoperasie ondergaan waartydens die hart op sy plek teruggeplaas is en die wond met oortollige vel bedek is. Dokters het egter Maandag gesê daar is geen hoop vir die baba nie. Die babaseun is met die uiters seldsame pentalogie van Cantrell gebore. In ʼn soortgelyke geval is Ashleigh Louw verlede jaar in Johannesburg met haar hart buite haar borskas gebore. Sy is ook later dood,

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.