Baba-moordenaar gevonnis

baba-voete-320x320Christiaan Oldewage is Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria gevonnis nadat hy Woensdag skuldig bevind is aan die moord op sy drie weke oue stiefseun, Stiaan.

Regter Bert Bam het Oldewage (29) tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir moord en twee jaar vir kindermishandeling.

Oldewage is skuldig bevind aan die moord op sy vrou, Juanita, se babaseuntjie. Stiaan is op 12 Desember 2011 in die Montana-hospitaal, noord van Pretoria, oorlede. Juanita, wat saam met haar man aangekla is, het in Augustus selfmoord gepleeg. Stiaan is dood weens ernstige beserings waaronder ʼn skedelbreuk, breinbeserings, gebreekte ribbes en verskeie interne beserings en bloeding.

Lees ook:
Baba-moordenaar skuldig bevind
“Ek is nie ʼn monster nie”
Hof hoor oor baba se beserings
‘Baba-moordenaar’ pleeg selfmoord
‘Baba-moordenaar’ sê sy is nie onstabiel
‘Baba-moordenaar’ het glo senuwee-ineenstorting

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anton ·

Kastrasie by die 27 jaar tronkstraf sal nou ‘n meer gepaste vonnis gewees het.

Henko ·

Doodstraf sou meer effektief gewees het. Gratis eet en verblyf of die belastingbetaler se onkoste.

Peter Says ·

Gedrogte wat kindertjies vermoor en mishandel, verdien nie om te leef nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.