‘Baba-moordenaar’ het glo senuwee-ineenstorting

Argieffoto

Die verhoor van ʼn Pretoria-egpaar wat daarvan verdink word dat hulle hul baba vermoor het, is Maandag uitgestel nadat die ma, Juanita Oldewage (26), glo ʼn senuwee-ineenstorting gehad het.

Juanita se advokaat het aan die Pretoriase hooggeregshof gesê dat sy kliënt nie in die hof was nie omdat sy ʼn senuwee-ineenstorting gehad het. Hy het gesê sy is nie in die hospitaal nie, maar is te bang om die hof en haar man, met wie sy steeds getroud is, te sien. “Dit is alles net té veel vir haar,” het Oldewage se advokaat gesê.

Hy het ʼn sielkundige verslag ingehandig wat aandui dat sy Vrydag gesond genoeg sal wees om in die hof te verskyn.

Oldewage en haar man, Christiaan Oldewage, word daarvan aangekla dat hulle hul drie weekoue babaseuntjie, Christiaan jnr., in Desember 2011 mishandel en vermoor het. Die egpaar is voor die baba se geboorte getroud. Christiaan jnr. is op 15 November gebore. Die baba is in Desember vir behandeling in die Montana-hospitaal opgeneem, maar is ʼn paar ure later aan veelvoudige beserings dood. Van sy beserings sluit ʼn gekraakte skedel en verskeie gebreekte ribbe in.

Die staat beweer albei verdagtes het die baba aanhoudend aangerand, toegelaat dat hy aangerand word, en daarin gefaal om hom te beskerm. Hulle het vermoedelike aspris die baba verwaarloos en mishandel.

Die staat onderneem om ʼn hofbevel te bekom om die Oldewages ongeskik te verklaar om met kinders te werk.

Advokaat Cornelia Harmzen, vir die staat, het beswaar aangeteken dat die verhoor uitgestel moet word. Die getuies was almal in die hof en die staat was gereed om met die verhoor voort te gaan, het sy gesê.

Regter Lettie Molopa het ʼn lasbrief vir Juanita se inhegtenisname uitgereik, maar hou dit tot Woensdag terug op voorwaarde dat sy dan in die hof sal verskyn sodat die verhoor uitgestel kan word.

Christiaan het gesê hy wil Woensdag vir borgtog aansoek doen.

SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Willy ·

Senuwee-ineenstorting! Erger dinge is oppad vir hierdie skuim wat ‘n weerlose babatjie mishandel en vermoor het. Geen simpatie want sy het geen simpatie gehad nie.

Pikkewyn ·

Senuwee ineenstorting, watter flou verskoning. Geen simpatie nie.

Sarie ·

Ek wil by voeg,’n hond gooi nie sy kinders weg of mishandel sy kinders nie,julle verdien al die straf plus nog wat na julle toe kom.

HELENA SEABORNE ·

GEE HOM BORGTOG ASB MAAR LAAT ONS NET WEET WAAR HY IS. ONS SAL DIE STAAT GELD SPAAR EN SOMR WA SY OOK IS. HENG EK SAL I ROYAL TIME HE. SOEK JUIS IETS OM MY FRUSTRASIES OP UIT TE HAAL.

thea bothma ·

toe hulle die baba aangerand het sy ribbes en skedal gebreek het, waar was die senuwee probleme??
net verskonings, sluit hulle toe en gooi die sleutels, maar steriliseer altwee, maar sonder narkose

ELSA ·

WREED N BABATJIE VAN 3 WEKE….EK IS N OUMA VAN 3 PRAGTIGE KLEINKINDERS
EK SAL VAN MY KOP AFRAAK AS SO IETS MET HUL MOET GEBEUR.DIE HERE
SLAAP NIE…….SO KLEIN – HOE SLAAP N MA IN DIE AAND…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.