‘Baba-moordenaar’ pleeg selfmoord

Argieffoto.

Juanita Fourie (28), die ma wat daarvan verdink word dat sy en haar voormalige man hul baba seuntjie mishandel en vermoor het, het haarself in haar kêrel se woonstel in Port Edward gehang, het Beeld Maandag berig.

Fourie en Christiaan Oldewage (27) is voorheen in hegtenis geneem en in die Pretoriase hooggeregshof aangekla van kindermishandeling en die moord op die drie weke oue Christiaan jnr.

Die egpaar is voor die baba se geboorte getroud. Christiaan jnr. is op 15 November gebore. Oldewage was die baba se stiefpa. Die baba is in Desember vir behandeling in die Montana-hospitaal opgeneem, maar is ʼn paar ure later aan veelvoudige beserings dood. Van sy beserings sluit ʼn gekraakte skedel en verskeie gebreekte ribbe in.

Volgens Beeld is Fourie agt dae gelede in ʼn hospitaal behandel nadat sy haar polse ook in haar kêrel, Tobie la Grange (32), se woonstel gesny het.

Fourie het sewe maande gelede van Pretoria na Port Edward verhuis en het vir La Grange as boekhouer vir sy drankwinkel gewerk.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê Fourie het haarself glo met ʼn stuk koord opgehang.

Maroela Media het vroeër berig Fourie het nie op 30 Julie tydens die eerste dag van haar moordverhoor by die hof opgedaag nie. Sy was destyds glo nie sielkundig in staat om te getuig nie.

Die staat het daarna versoek dat sy in Weskoppies-hospitaal in Pretoria opgeneem word vir waarneming.

Oldewage bly in aanhouding nadat hy sy aansoek om borgtog teruggetrek het.

Fourie en Oldewage se verhoor is daarna tot 2 Desember uitgestel. Fourie se borgtog is destyds verleng met die voorwaarde dat sy elke Maandag en Vrydag by die Port Edward-polisiestasie sou aanmeld.

– SAPA

Lees ook:
‘Baba-moordenaar’ sê sy is nie onstabiel
‘Baba-moordenaar’ het glo senuwee-ineenstorting

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Willy ·

Hier kom nou baie goeie nuus deur so op ‘n Maandag oggend. So goed dat sy haar hand aan eie lewe geslaan het. Ek hoop die stiefpa volg dieselfde roete.

Amy ·

Sjoe, wat ‘n manier om tronstraf vry te spring. Of was dit maar ‘gewete’ wat gepla het? Ek is net bly die baba is nou op ‘n beter plek.

Trippie ·

3 Weke oud.

Sy en die stiefpa verdien om gestenig te word – die feit dat sy haarself gehang het was te genadig !!!!

ELSA ·

HOOP DIE STIEF PA VERROT…..IN DIE TRONK…………
ALS HET BY HOM BEGIN……

Johann ·

Medepligtig om ‘n pap babatjie dood te maak is sy en hy nie werd om te lewe nie. En die siek gespuis trek by ‘n man in om seker weer swanger te raak. So breinloos en gewetenloos is sy dat sy nie wil besef ons lewe in ‘n verligte eeu waar daar voorbehoedmiddels is nie. Maak weer ‘n kind om haar frustrasies uit te haal. Ek is baie bly sy is op ‘n plek waar haar gewete haar gaan pla tot in ewigheid.

Seg Net ·

Verdien dubbel en dwars, moes dit gedoen het toe sy die heel eerste keer die baba mishandel het.

pieter de beer ·

Ek is so verlig die wereld is sonder nog ‘n monster. Dis net jammer sy het haar eie lewe geneem en nie iemand anders die geleentheid gegee om aan haar te doen,wat sy aan haar kind gedoen het nie,sodat sy ook kan ly en aan beserings beswyk.

HELENA SEABORNE ·

ek hoop sy brand in die hel. daai dood was te genadig vir haar. mag die pa maar dieselfde paadjie loop net met baie pyn en lyding voor die tyd.

Lammie Treurnich ·

Ons moet nie oordeel nie want ons weet nie of sy op die laaster oomblik vergifnes ontvang het nie
Die man wat saam met Jesus gekruisig is was ook ‘n moordenaar en omdat hy sy sonde op die laaste oomblik bely het was hy saam met Jesus in die paradys. Kom ons bid vir ons mense en vra die Here om hierdie optrede van ons te vergewe want ons het nie die reg om teveroordeel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.